Die Woord vir Vandag
2019-09-08
Hou op om dit uit te stel
Geskryf deur Bob and Debby Gass
In 'n koerantartikel in 1985, skryf Anne Wells: "My swaer het my suster se kas oopgemaak en 'n pakkie wat in sneespapier toegedraai was, uitgehaal. Dit was 'n pragtige handgemaakte rok; die prys met 'n astronomiese syfer was steeds daaraan geheg. 'Jou suster het dit gekoop die eerste keer wat ons New York toe gegaan het... agt of nege jaar terug,' het hy gesê. 'Sy het dit nooit gedra nie; sy het dit gehou om na 'n spesiale geleentheid te dra. Ek dink hierdie is seker maar die regte geleentheid.' Hy het die rok op die bed saam met die ander klere gesit - wat ons op pad was om na die begrafnisondernemer te neem. Toe het hy na my toe gedraai en gesê: 'Moet nooit iets vir 'n spesiale geleentheid bêre nie. Elke dag wat jy lewe is 'n spesiale geleentheid!'" Daardie woorde het Anne Wells se lewe verander. Sy gaan voort: 'Ek bêre niks meer nie. Nou gebruik ons die goeie breekware vir elke spesiale geleentheid - soos om 'n kilogram te verloor, wanneer ons die verstopte drein oopkry of wanneer die eerste bloeisel te voorskyn kom. 'Eendag' of 'een van die dae' kom nie meer in my woordeskat voor nie. As dit die moeite werd is om te sien, te doen of te hoor, wil ek dit nou sien, doen of hoor. Elke oggend wanneer ek my oë oopmaak, sê ek vir myself dat dit 'n spesiale geleentheid is.' Dit laat mens dink, nè? Dit spoor jou aan om elke druppel vreugde uit die dag te tap en op te hou uitstel! Vergewe daardie oortreding, sê vir daardie persoon dat jy lief is vir hom of haar, onderneem daardie reis, gaan terug skool toe. Besluit vandag om die dinge te doen wat jy uitgestel het.
Sielskos: Gen 2:7-25; 1 Kor 15:39-55
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






