Die Woord vir Vandag

2019-09-23

Jy sal hierdeur kom

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Job 8:21 NLV

Soms wanneer jou hart gebreek is, kom genesing eerste en die antwoorde later. Wanneer jy egter daaroor dink, sal jy nie eerder saam met God in die donkerte stap as wat jy alleen in die lig stap nie? Dis te betwyfel of Job ooit ten volle die verliese wat hy in die lewe ervaar en hoekom dit gebeur het, verstaan het. Daar het egter 'n tyd gekom wat hy in staat was om terug te kyk en met vertroue te sê: 'Hy sal jou weer met vrolikheid vul en jou laat uitroep van vreugde.' Dis ook God se belofte aan jou! Die teoloog E. Stanley Jones het gesê: 'Enigiets, behalwe God, sal jou in die steek laat.' God het genoegsame genade om jou deur elke situasie waarvoor jy in die lewe te staan sal kom, te kan dra. Vir elke behoefte, het Hy 'n voorraad. Vir elke probleem, het Hy 'n antwoord. Vir elke seer, het Hy genesing. Nadat hy teruggedink het aan alles waardeur God hom gebring het, het Jeremia gesê: '...Niks is vir U te moeilik om te doen nie!' (Jeremia 32:17 NLV). God kyk uit vir geleenthede waar Hy vir jou kan wys wat Hy kan doen wanneer jy jou vertroue in Hom plaas. Dawid het gesê: '...Here, dink eerder aan my met troue liefde, ter wille van u goedheid' (Psalm 25:7 NLV). Is jy nie bly dat God se goedheid en genade op sy karakter en nie op joune gebaseer is nie? Corrie ten Boom het gesê: 'As jy depressief wil word, kyk binnetoe. As jy verslae wil word, kyk agtertoe. As jy verward wil word, kyk rond. Maar as jy gered wil word, kyk op.' Die woord vir jou vandag is dus: Met God se genade, sal jy hierdeur kom.

Sielskos: 1 Sam 14-15; Matt 27:11-31; Ps 91; Spr 21:28-31

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background