Die Woord vir Vandag
2019-09-25
Hanteer die uitdagings van leierskap
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Predikante berei preke voor, onderwysers berei lesse voor, boekhouers tel die syfers op en motorwerktuigkundiges maak enjins reg. Daar is egter nie 'n skool wat jou ten volle vir die uitdagings van leierskap kan voorberei nie. Paulus maak 'n lys van die druk van leierskap wat slae, steniging, verraad en 'n sinkende skip, insluit. Dis hoekom meer as helfte van alle pastore die bediening in minder as tien jaar verlaat. Soos die skrywer Zig Ziglar gesê het: 'Dis eensaam daar bo.' As jy 'n leier in enige area van die lewe is - en die meeste van ons is, of ons dit nou besef of nie - sal jy min hoor wanneer dinge goed gaan, maar wanneer dit nie doen nie, sal die skuld op jou hoof gepak word. Leiers trek kritiek aan, net soos 'n piekniek miere aantrek. Jy moet altyd 'n prys betaal wanneer jy ander mense wil beïnvloed. 'n Leier sal die koste van tyd, denke en vertroue betaal. Die paaiemente lyk soos daaglikse risiko's wat geneem word, visioenêre denke, ywerige werk en probleemoplossing. Die grootste koste kom egter voor wanneer jy met mense te doen kry; veral diegene wat lyk of hulle dieselfde uniform aanhet, maar nie in dieselfde span speel nie. Paulus beskryf dit so: '...in gevare... van my volksgenote...' (vers 26 NLV). As dit is wat jy vandag ervaar, lees die volgende wat God vir Moses gesê het: '...Kom staan by hierdie rotse, hier by My. Wanneer Ek in my majesteit hier verbykom, sal Ek jou tussen die rotse laat staan en jou met my hand beskerm terwyl Ek verbygaan' (Eksodus 33:21-22 NLV). Wat is die antwoord op die uitdagings van leierskap? 'n Bewustheid van God se teenwoordigheid in jou lewe.
Sielskos: 1 Sam 18:1-20:29; Matt 27:45-56; Ps 68:19-35; Spr 22:6
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






