Die Woord vir Vandag
2019-09-27
Vernietig daardie vesting!
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die verhaal van Josef die gevangene wat Josef die eerste minister geword het, leer ons dat ons bo ons omstandighede kan uitstyg, die uitdagings kan oorkom en in die volheid van ons Godgegewe potensiaal kan lewe. Sy reis was lank en joune mag dalk ook lank wees. As jy egter nie die eerste tree neem nie, sal jy vassit waar jy tans is. Soms word jou 'vesting' vroeg in jou lewe gevestig. Familiepyn is die diepste pyn, omdat dit so vroeg toegedien word en omdat mense wat betroubaar moes gewees het, daarby betrokke is. Jy was te jonk om die mishandeling te verwerk. Jy het nie geweet hoe om jouself te verdedig nie. Jou pa, ma, oom, ouer broer - hulle het bo jou uitgetroon, gewoonlik in grootte, altyd in rangorde. Wanneer hulle jou valslik geoordeel het, het jy hulle geglo. Al hierdie tyd was jy besig om volgens foutiewe data op te tree: 'Jy is dom...stadig...dwaas soos jou pa...vet soos jou ma...' Dekades later eggo daardie stemme van vernedering steeds in jou onderbewussyn. Dit hoef egter nie so te wees nie! 'Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig...' Gebruik die 'verwerp en herhaal' strategie en jy sal oorwinning oor jou denke behaal. Wanneer negatiewe, vreesagtige, skuldige, minderwaardige, veroordelende gedagtes by jou opkom, verwerp hulle en begin herhaal wat God in sy Woord oor jou sê. Soos God se Woord binne-in jou lewendig word, sal jou ou gedagtes begin doodgaan en hulle beheer oor jou verloor. Vernietig dus vandag daardie vesting en laat jou genesing begin.
Sielskos: 1 Sam 24-26; Matt 28:1-10; Ps 51; Spr 22:12-16
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






