Die Woord vir Vandag

2022-09-19

Om moedeloosheid te oorkom (3)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jakobus 1:22 NLV

Om die bron van jou moedeloosheid te identifiseer, is dit raadsaam om met iemand wat jou insig en leiding kan bied, te gesels. Wees egter versigtig - julle kan tot die dood toe oor julle probleme praat en nêrens kom nie! Dis hoekom die Bybel sê: 'Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie, dan bedrieg julle julleself.'

Dus: 1) Doen altyd wat reg is. Min dinge vererger moedeloosheid soos berou en 'n skuldige gewete. Dis moeilik om verskoning te vra, jou foute te erken, te vergewe, jou humeur te beteuel, verdiende blaam op jou skouers te tel en oor te begin. Dit werp egter altyd vrugte af wanneer jy besluit om hierdie dinge op gepaste tye te doen.

2) Onthou, tydsberekening is belangrik. Dikwels soek ons na verligting in die vallei in plaas daarvan om vir die helderheid te wag wat ons op 'n bergpiek sal vind, omdat dit baie inspanning verg om die piek te bereik! Wanneer ons egter die donkerte van die vallei ervaar, is dit aanloklik om veranderinge wat ons hoop ons ongemak sal help verlig, op die plek aan te bring. Soos dr Robert Schuller egter sê: 'Wanneer jy op die piek van die spreekwoordelike berg staan, is dit tyd om besluite te maak. Dis wanneer jy jou situasie op sy duidelikste sien. Jy beweeg na iets toe, nie net van iets af weg nie. Jy besluit om positiewe data, nie negatiewe data nie, te gebruik. Jy is meer geneig om van piek tot piek in plaas van vallei tot vallei, te beweeg.' Aan die ander kant, as jy aanhou volhard terwyl jy in die vallei is, sal jy nie net na hoër grond beweeg waar jy wyser besluite kan neem nie, jy sal ook jou karakter ontwikkel wat jou deur jou lewe sal help.

Sielskos: Eseg 40:10-42:20; Mark 14:1-11; Ps 24; Spr 21:1-2

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background