Die Woord vir Vandag

2019-09-29

Beskerm die 'nuwe lote'

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Job 14:7 DB

Dit verg God se wysheid om 'n maat te vind wat inpas by waar jy is en waarheen jy op pad is. As jy beskadigde materiaal kies, sal jy teleurstellende resultate kry. Wanneer 'n familie uitmekaar breek, kan die wonde 'n leeftyd hou, selfs al is die oorlog verby. Luister asseblief mooi: Moet nooit jou kinders as ammunisie gebruik om mekaar seer te maak nie! Ammunisie vernietig nie net die teiken nie, dit word ook in die proses vernietig. Jou monoloog van bitterheid mag dalk die waarheid wees, maar dit kan jou kind se vermoë om gesonde verhoudings van hul eie te bou, vernietig. As hulle immers nie 'n ouer kan vertrou nie, wie kan hulle dan vertrou? Selfs al kan jy nie die verhouding red nie, red hulle. Job sê: 'As 'n boom afgekap word, is die kans goed dat daar weer nuwe lote en takke uit die stomp sal groei.”.' Hoe wonderlik - nuwe takke wat uit 'n dooie boom gebore word! Dis ons boodskap - daar is lewe na die dood! Hy is die God van tweede kanse en nuwe begin. Net omdat jou drome nie waar geword het nie, beteken dit nie dat jou kinders se drome nie waar sal word nie. As daar net een ding - 'n gesonde, goed-aangepaste kind - uit jou verhouding voortkom, is jy steeds 'n wenner. Jou kinders is jou visie. Hulle is die toekoms, gee hulle dus ekstra liefde en stabiliteit. Leer hulle wat God oor die lewe sê. Werk daaraan om hulle onthalwe. As die 'nuwe lote' saam met die boom verlore gaan, beteken dit dat al daardie jare gemors is. Beskerm dus die 'nuwe lote.'

Sielskos: Eseg 37:1-14; Matt 27:50-53; 1 Tess 4:13-18

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background