Die Woord vir Vandag
2022-10-01
Die behoefte aan verbintenis (1)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Tydens die skepping het God na alles wat Hy gemaak het gekyk en gesê: 'Dit is goed.' Later het Hy egter agtergekom dat die mens eensaam, onvervuld en onvoltooid is. Dis toe dat Hy sê: '...Dis nie goed dat die mens alleen is nie...' Hy het dus vir Eva, die eerste vrou gemaak.
Die feit is dat niemand van ons tot ons volle potensiaal kan ontwikkel nie, tensy ons by koesterende, lewe-gewende verhoudings ingeskakel is. 'n Voorbeeld daarvan is as volg: In die twaalf-stap programme, doen die berader net 10 persent van die werk deur leiding te verskaf. Negentig persent van die herstelproses vind plaas omdat die mense in die groep mekaar uitdaag, troos en versterk. Die waarheid is dat ons deur mense gevorm word!
Die regte mense help jou om die beste weergawe van jouself te wees en jy doen dieselfde vir hulle. Hulle sien dinge raak wat jy miskyk, moedig jou aan soos jy vorentoe beweeg en daag jou uit wanneer jy van jou doel af wegbeweeg. Die hoogste en beste vorm van hierdie tipe verhoudings word in die Skrif as 'gemeenskap van die Heilige Gees' genoem (sien Filippense 2:1; 2 Korintiërs 13:14 en 1 Johannes 1:7). Dis nie net 'n sosiale of intellektuele verbintenis nie, maar 'n diep geestelike verbintenis wat ons laat floreer.
Dis soos die verskil tussen bye en skoenlappers. Skoenlappers dek meer grond, maar bye maak meer heuning bymekaar. Hoekom? Omdat bye nie net kortliks op 'n blom land en dan aanbeweeg nie, maar daar bly en die lewe-gewende nektar insamel. God het vir Dawid die gawe van Jonatan gegee, en vir Naomi die gawe van Rut. Hy het mense in gedagte wat Hy graag sal wil hê jy moet ontmoet. Praat dus vandag met Hom daaroor.
Sielskos: 1 Sam 4-7; Mark 16:1-8; Ps 68:19-35; Spr 22:6
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za




