Die Woord vir Vandag
2022-10-03
Die behoefte aan verbintenis (3)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Paulus skryf: '...'n Liggaam bestaan uit baie ledemate. Ons as kerk is ook soos 'n liggaam. Ons is Christus se liggaam hier op aarde. Net soos die verskillende liggaamsdele elkeen sy eie funksie het, het ons as gelowiges ook verskillende funksies... As jou hemelse geskenk is om God se boodskap bekend te maak, doen net dit. Maak sy wil bekend in die geloof wat jy daarmee saam uit God se hand ontvang het. As jy oor die gawe beskik om ander mense te dien, dien hulle dan met oorgawe. As jou hemelse geskenk is om ander te leer waaroor ons verhouding met God gaan, doen net dit. As jy die gawe het om ander mense te vermaan en te vertroos, doen dit. As jou hemelse gawe is om jou besittings met ander te deel, moet dan nie suinig wees nie. As dit God se geskenk aan jou is dat jy een van die leiers in die kerk moet wees, doen dit met toewyding. En as jy oor die gawe beskik om mense te help wat in nood verkeer, doen dit met blydskap' (verse 4-8 DB).
Dikwels is ongelukkigheid nie die afwesigheid van liefde nie; dis die afwesigheid van verbintenis. Dit lê nie daarin om 'n selfoon met baie nommers daarop te hê nie, maar om jou lewe met diegene wat vir sake groter as hulself lewe, te deel.
Waar moet jy begin? Deur 'n eensame, vergete persoon in die naaste ouetehuis te besoek. Deur een keer 'n week vrywillig by die sopkombuis te werk. Deur vir jou pastoor te sê: 'Gee my asseblief 'n taak waarin ek ander mense kan help.' Hierdie is klein treetjies, maar jy sal verstom wees oor hoe hulle jou lewe verryk.
Sielskos: 1 Sam 8-10; Mark 16:9-20; Ps 60; Spr 22:7-11
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




