Die Woord vir Vandag

2019-09-30

Dien soos Jesus

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Korintiërs 6:8 DB

Kelli B. Trujillo skryf: "'Ek is nie jou dienskneg nie!' het ek my kind toegesnou toe ek op my hande en knieë gaan om die pasta wat hy op die vloer gegooi het, op te tel. Toe het 'n gedagte my binnegeskiet: Ek hoop nie Jesus het my dit hoor sê nie! Ongelukkig strek hierdie houding teenoor diensbaarheid dikwels verder as die vloer se skoonmaak. Gewoonlik vryf dit my verkeerd op wanneer ek ander moet bedien. Wanneer dit 'n betekenisvolle projek is waar jy omtrent die klankbaan van inspirerende musiek kan hoor, is dit nie so moeilik nie. Wat egter van die soort diens waarvan Jesus gepraat het - waar jy geen krediet kry nie en jy teen jou selfsugtige impulse moet baklei?" Om soos Jesus te dien, beteken dat jy sê: 'Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my...' (Galasiërs 2:20 NLV). Paulus was in die tronk gegooi, gestenig, die boot waarop hy was het gesink en hy is beroof en tog het hy gesê: 'Ons weet hoe dit voel om deur ander geëer én beledig te word. Ons naam is al dikwels deur die modder gesleep. Ander kere weer is ons geprys en oorlaai met eer... Ons ken hartseer, maar ons is altyd vol vreugde. En armoede - ja, natuurlik weet ons ook wat dit is. Maar ons het al baie mense se lewe skatryk gemaak met die goeie nuus... Ons werk immers vir God aan wie alles behoort en wat ons oorlaai met sy goedheid' (2 Korintiërs 6:8-10 DB). Die Bybel sê Jesus '...het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur... En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!' (Hebreërs 12:2 NLV). Dieselfde Gees stel jou in staat om ander te dien deur krag uit Hom te put.

Sielskos: Num 29:1-6; Matt 24; Op 11:15-19; 1 Kor 15:50-58

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background