Die Woord vir Vandag
2022-10-16
Lewe deur geloof
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Jesus het gesê: 'Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin' (Johannes 16:33 NLV).
Die lewe hou aan om vir ons probleme te gee wat ons geloof toets. Daniël se sukses het van hom 'n teiken gemaak. Omdat hulle geweet het dat hy gereeld bid, het sy vyande vir koning Darius oortuig dat alle aanbidding slegs teenoor hom as koning moet plaasvind, dus het die koning vir Daniël in die leeukuil laat gooi. God het egter die situasie verander. Die volgende oggend het Daniël uit die leeukuil gestap, sy vyande is daarin gegooi en die koning het aangekondig: '...die God van Daniël. Hy is die God wat lewe...' (Daniël 6:27 NLV).
Sadrag, Mesag en Abednego het geweier om die koning se afgodsbeeld te aanbid. Selfs toe hulle met 'n vlammende oond gedreig is as hulle nie voor die beeld buig nie, het hulle gesê: 'Die God wat ons aanbid kán ons uit die vuur red... En selfs al red Hy ons nie... sal ons nie u gode vereer nie...' (Daniël 3:17-18 NLV).
Dawid het geweier om die koning se wapenrusting te dra toe hy voor Goliat te staan gekom het. Hy het gesê: '...Ek is nie daaraan gewoond nie...' (1 Samuel 17:39). Wat het hy dus wel saam met hom geneem? '...die Naam van die Here die Almagtige...' (1 Samuel 17:45 NLV).
Die kans is goed dat jy jouself nooit in 'n leeukuil, 'n vlammende oond of voor 'n reus sal bevind nie, maar sommige dae voel dit wel so. Wanneer jy egter aangeval word, moet jy, 1) bid en God se mag opeis, 2) in geloof wandel, en 3) in die 'Naam van die Here die Almagtige' gaan.
Sielskos: Jes 61:1-9; Luk 4:16-30
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za





