Die Woord vir Vandag

2019-10-01

God wil iets vir jou sê

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Eksodus 3:4 NLV

Moet nooit 'n persoon se potensiaal op grond van hoe hulle tans voorkom, beoordeel nie. Moses, een van die grootste leiers in die geskiedenis, was besig om skape op te pas toe God hom geroep het. Geen korporatiewe maatskappy sou hom in diens geneem het nie. Moet hom egter nie beoordeel nie - hy was net tussen werke. God was op die punt om met hom te praat en sy lewe te verander. As jy moeg daarvoor is om na almal se opinies te luister, spandeer alleen tyd saam met God. Hy sal vir jou dinge wys wat jou toekoms kan verander (sien Jeremia 33:3). Op die ouderdom van vyf-en-sestig, nadat hy vir baie jare 'n restaurant bestuur het, was kolonel Saunders bankrot. Al wat hy gehad het was 'n maandelikse maatskaplike toelaag van 105 dollars, 'n resep vir gebraaide hoender en 'n visie wat hy geweier het om te laat vaar. Gevolglik het hy die Kentucky Fried Chicken kettingwinkelgroep gestig, 'n multimiljoenêr en 'n toegewyde Christelike filantroop geword. Die punt is: dis nie verby totdat God sê dis verby nie! Moses het amper uitgebrand toe hy dinge op sy manier probeer doen het. God het egter in 'n vuur verskyn en inderwaarheid gesê: 'Kyk na hierdie brandende bos; dit gaan jy wees. In my krag sal jy voor Farao staan. Die Rooi See sal voor die krag wat in jou aan die werk is, padgee. Ek sal vir jou manna in die woestyn gee. Ek sal jou krag gee en jou op jou pad na jou lotsbestemming onderhou.' Wat jy ook al vandag doen, stop! Neem tyd om alleen by God te gaan sit en sê: 'Ek sal nou eenkant toe kom en na U luister.' Sodra jy gehoor het wat Hy vir jou wil sê, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie.

Sielskos: Ef 1:1-4:16; Joh 1:1-13; Ps 92; Spr 22:24-25

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background