Die Woord vir Vandag

2019-10-22

God sal vir jou sorg

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Matteus 6:31-32 NLV

As God binne-in jou woon, moet dit dan nie voor die hand liggend wees nie? Hoe kan jy sê dat jy op Hom vertrou en jouself dan obsessief oor jou gesondheid, jou kinders, jou werk en jou finansies bekommer? Besorgdheid is een ding, maar bekommernis is 'n belediging vir die God wat jou nog nooit in die steek gelaat het nie. Paulus skryf: 'Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. As julle so bid, sal julle God se vrede beleef...' (Filippense 4:6-7 NLV). Bid of bekommer - dit is jou opsies. Jesus het gesê: 'Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie...' (Matteus 6:34 NLV). Wanneer jy jou oor môre begin bekommer, vlieg jou vrede by die venster uit! Al wat nodig is om 'n stilstaande trein daarvan te weerhou om vorentoe te beweeg is twee klein blokkies hout, maar sodra dit stoom opbou kan dit deur 'n ses voet muur breek. Keer dus die bekommernistrein voor dit die stasie verlaat! God sê: '...My genade is genoeg vir jou...' (2 Korintiërs 12:9 NLV). God sal slegs dit wat jy vandag nodig het vir jou gee; op hierdie manier hou jy aan om Hom vir môre te vertrou. Die Bybel sê vir ons dat Jesus die Goeie Herder is. 'Hy roep sy eie skape op hulle name... Wanneer hy al sy eie skape na buite gelei het, loop hy voor hulle uit...' (Johannes 10:3-4 NLV). Hoe wonderlik is dit nie. Hy het klaar vooruit geloop om alles vir jou reg te kry. Hierdie wete sal jou help om môre in die gesig te staar, vol vertroue dat God vir jou sal sorg.

Sielskos: Esra 1-2; Joh 6:25-34; Ps 98; Spr 24:15-18

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background