Die Woord vir Vandag

2019-10-23

Wanneer jy God prys, wen jy geestelike gevegte

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Kronieke 20:21 NLV

Lofprysing is 'n kragtige wapen, een wat die geveg in jou guns kan laat draai. Toe koning Josafat voor die gekombineerde mag van drie verskillende weermagte te staan gekom het, het hy geweet dat hy geen kans teen hulle staan nie. Dus het hy na God toe gedraai en gesê: '...Ons is magteloos teen hierdie groot leër wat op die punt is om ons aan te val. Ons weet nie wat om te doen nie, maar ons kyk op na U vir hulp' (vers 12 NLV). Hier is hoe God hom geantwoord het: '...Moenie bang wees nie! Moenie moedeloos wees oor hierdie magtige leër nie, want die oorlog is nie julle s'n nie, maar God s'n' (vers 15 NLV). Toe het God vir hom 'n wonderbaarlike strategie vir oorwinning gegee. Hy het vir hom gesê om 'n koor voor sy weermag te laat staan en die geveg binne te gaan terwyl hulle God lofprys. Josafat het dit gedoen: '...die koning [het] sangers aangestel om voor die leër uit te stap. Hulle het tot eer van die Here gesing en Hom geprys vir sy heerlike heiligheid... Die leërs van Moab en Amnon het teen hulle bondgenote uit die Seïrberge gedraai en elkeen van hulle doodgemaak. Nadat hulle die leër van Seïr vernietig het, het hulle mekaar vernietig' (vers 21-23 NLV). In plaas daarvan om Juda aan te val, het drie weermagte mekaar begin aanval. Israel het nooit 'n swaard uitgetrek, 'n pyl afgevuur, geen lewensverlies gely nie en dit het hulle drie dae geneem om al die buit bymekaar te maak. Wanneer jy dus voor 'n geveg te staan kom wat jy nie kan wen nie, begin om God te prys en die magte van die hemel sal jou te hulp snel.

Sielskos: Esra 3-5; Joh 6:35-51; Ps 127; Spr 24:19-22

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background