Die Woord vir Vandag
2023-09-30
Dra die skild van die geloof
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Gee aandag aan dit wat Satan op jou afskiet: 'brandpyle!' Hy weet dat indien hy die vure van kommer en angstigheid binne-in jou aan die brand kan steek, kan hy jou immobiliseer en jou oorwin. Let op wat God vir jou gegee het om jouself te beskerm: 'die skild van die geloof.' Jy het egter ook 'n deel om te doen: 'Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof. Dit kan al die brandpyle blus wat die Bose afskiet.' 'n Skild sal nie 'n soldaat help as dit op die grond, of selfs langs hom lê nie. Hy moet dit oplig en dra om homself teen die aanval te beskerm. Dieselfde geld vir jou.
Wanneer die Duiwel jou met onaangename omstandighede en gedagtes aanval wat veroorsaak dat jy jouself bekommer en bang word, moet jy onmiddellik die skild van die geloof optel. Geloof in wat? Jouself? Nee, geloof in God se getrouheid! Jou geloof in God mag by tye wankel, maar sy liefde en sorg vir jou sal nooit wankel nie. 'Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!' (1 Tessalonisense 5:24 NLV). Hoe dra jy die skild van die geloof? Deur te sê: 'Here, ek vertrou U in hierdie situasie!'
Jesus het die Woord van God gebruik om Satan in die woestyn te oorwin en jy moet dieselfde doen. God se Woord is 'n beskermende skild wat die Duiwel se pyle nie kan penetreer nie. Wanneer jy dit soos 'n skild ophou, is dit effektief teen enigiets wat hy in jou lewe probeer doen. Satan se brandpyle kan uit enige rigting kom, van beide jou vriende en jou vyande. Jy moet dus die skild van die geloof dra.
Sielskos: Lev 23:33-44; Joh 7:1-40; Sag 14:16-21; Heb 11:8-16
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






