Die Woord vir Vandag

2023-10-08

Vyf leierskapskwessies wat jy moet hanteer

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Konings 19:21 NLV

Om die werk reg te doen, moet jy jouself met die regte mense omring. Dis hoekom goeie leiers voortdurend op die uitkyk vir bekwame mense is. Die mense wat jy aantrek word egter nie altyd deur jou behoeftes bepaal nie, maar deur wie jy is. In die meeste gevalle trek jy mense wat baie van dieselfde eienskappe wat jy besit, aan. Nie net was Elisa soos Elia nie, hy wou 'n dubbele deel van die Gees wat op Elia was, hê. Wie jy is, is wie jy sal aantrek.

Dis moontlik om uit te gaan en mense wat anders as jy is te werf, maar dis noodsaaklik om te besef dat mense wat anders as jy is nie noodwendig tot jou aangetrokke sal voel nie. As jy verder ook nie heeltemal gelukkig is met die tipe mense wat jy aantrek nie, mag dit dalk tyd wees om jouself te verbeter. Jy moet van die volgende vyf neigings in jouself bewus wees en wanneer jy dit sien, moet jy dit hanteer:

1) Trots. Niemand wil iemand volg wat dink hulle is beter as almal anders nie.
2) Onsekerheid. As jy ongemaklik is met wie jy is, sal ander mense ook wees.
3) Buierigheid. As mense nooit weet wat om van jou te verwag nie, hou hulle op om enigiets te verwag.
4) Perfeksionisme. Mense respekteer die strewe na uitnemendheid, maar hulle hou nie van onrealistiese verwagtinge nie.
5) Sinisme. Ander mense hou nie van 'n swart wolk wat gedurig op hulle parade reën nie.

Hierdie vyf kwessies is so skadelik dat indien jy wys is, jy jouself met mense sal omring wat dit sal uitwys en jou sal help om 'n effektiewer leier te word.

Sielskos: Gen 24:1-51; 2 Kor 6:14-7:1

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background