Die Woord vir Vandag

2023-11-01

Moenie 'n moddergooier wees nie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Konings 3:25 NLV

In die Ou Testament was daar mense met slingervelle wat dit geniet het om ander mense se waterputte te blokkeer deur klippe en modder daarin te gooi - waterputte wat noodsaaklik vir hulle oorlewing was. Vandag is moddergooiers mense wat kwaadwillige aanvalle op ander maak. Die kans is goed dat jy al self 'moddergooiers' teëgekom het en dalk selfs deur hulle aangeval is. Wat staan jou te doen?

Vermy hulle omdat hulle gevaarlik is. Jy kan nie in die modder met 'n vark stoei sonder om self vuil te word nie. Nie net sal die vark wen nie - hy sal die gestoei geniet!

As jy self 'n moddergooier geword het, sal dit goed wees as jy die volgende Skrifgedeelte lees en dit in gedagte hou: 'Wanneer jy dan na die Here roep, sal Hy jou antwoord. As jy God vra om jou te help, sal Hy sê: Ek kom. Hou op om mense onregverdig te behandel. Hou op om vir mekaar vinger te wys en mekaar vals te beskuldig. Gee kos vir hulle wat niks het om te eet nie. Versorg hulle wat behoeftig is. Dan sal dit vir jou word soos lig wat die donker laat verdwyn, soos die son wat in die middel van die dag skyn. Die Here sal dan die hele tyd saam met jou wees. Wanneer dit moeilik gaan, sal Hy vir jou gee wat jy nodig het. Hy sal jou krag gee...' (Jesaja 58:9-11 DB).

Pas dus jou gedagtes op, want hulle word jou woorde. Pas jou woorde op, want hulle word jou aksies. Pas jou aksies op, want hulle word jou karakter. Pas ook jou karakter op, want dit bepaal die vlak van God se seën in jou lewe. Die woord vir jou vandag is dus: Moenie 'n moddergooier wees nie.

Sielskos: 1 Kron 17:1-20; Heb 11:4-12:3; Ps 18:20-29; Spr 4:18

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background