Ek en my huis sal die Here dien

Written by on 2 Feb 2022

Kan ‘n gebroke gesin nog met vrymoedigheid sê dat hulle vir die Here staan en Hom dien? As ek geskei het, kan ek soos Joshua steeds sê dat ek en my huis die Here dien?

Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.

Joshua 24:15

Jare gelede het ek die groot besluit gemaak dat ek die Here sal dien in alles wat ek doen. Ek was een van baie wat by ‘n Jeugkonferensie die besluit gemaak het. Die spreker het dit baie duidelik gemaak dat wanneer jy voltyds in bediening is, of jou werk as ‘n bediening beleef (en nie net nog ‘n werk nie) is dit ‘n baie ernstige saak. 

Alhoewel ek in die Kommunikasiebedryf werk, is my fokus nog altyd om Christelike besigheide en media te help om hul doelwitte te bereik. Werk was nie die moeilike deel van ‘Ek sal die Here dien’ nie. Ek en my huis (ek, my man en twee dogters) het die Here gedien en Hom baie lief gehad, maar ongelukkig het die vyand sy hande op my man se geloof en aksies gekry, wat tot ‘n onvoorsiene en verwoestende egskeiding gelei het.

My huis dien die Here deur gebrokenheid

Maar ek was steeds vasberade: ‘Ek en my huis sal die Here dien’. Die belofte wat ek jare gelede gemaak het was ‘in my hart ingraveer’ – deur Sy liefde. Egskeiding is iets wat die Here haat, met goeie rede ook. Dit is NOOIT die eerste opsie nie, en wanneer ‘n gesin ‘opbreek’ word twee kante gestig. In my geval het een kant besluit om die Here te dien en die ander kant het besluit om Hom nie te dien nie. Wat nou? Kan ek steeds sê dat ek en my huis die Here sal dien?

Ja, ek kan! En so kan jy ook, óf jy die hoof van ‘n ‘normale’ gesin óf ‘gebroke’ gesin is. Inteendeel – in die geval van ‘n ‘gebroke’ gesin kan jy nie bekostig om nie ferm te staan vir dit waarin (Wie) jy glo nie. Dit is deur God se genade dat gevegte gewen word wanneer die vyand verder wil steel en vernietig. Die geveg behoort aan die Here.

Ouers se voorbeeld van vertroue in die Here en deur Hom heel-hartig te dien, is baie belangrik vir enige gesin. Mag ons en ons gesinne aanhou om die Here te dien en op Hom vertrou om ons te beskerm, te herstel en vir ons te voorsien – somtyds teen alle verwagtinge.

Om die Here te dien is die grootste geskenk wat ouers aan hul kinders kan gee. Ek en my huis sal die Here dien.

Vir meer inspirasie luister gerus na Radiokansel potgooie op iono.fm.

Geskryf deur Jean Lung.


Lees verder

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel