Saam met God, is enigiets moontlik

Written by on 19 Jan 2022

Wanneer ek aan die Here dink, dink ek gewoonlik aan Hom as God van die MOONTLIKE, maar Hy is ook God van die ONmoontlike.

Alles IS moontlik deur Hom (Matteus 19:26); selfs om dinge te verduur wat ons gedink het nie moontlik sou wees nie – die tipiese ‘middel-van-die-storm-dinge’ wat ons soveel keer wens ons weg kon bid.

Groot menigtes het agter Hom aan gegaan, en Hy het hulle daar gesond gemaak.

Matt 19:2


In my eie lewe het ek ontdek dat Hy nie net God van die moontlike is nie, maar ook God van die onmoontlike. Ek het gesien hoe Hy deure oopmaak waar daar geen deur was nie (onmoontlik) en selfs oplossings geskep het waar daar voorheen geen oplossing was nie (moontlik). Ek het al baie maal gehoor: ‘Jy is gelukkig, jy het net op die regte tyd gekom, want dit is iets nuuts wat ons nog nie vantevore probeer het nie.’ Dan weet ek, dit is God van die moontlike wat aan die werk is.

Geluk het niks daarmee te doen nie. Om die allerhoogste Koning, die Koning van alle konings, te dien het alles daarmee te doen. Ek het eerstehands ervaar hoe Hy oplossings skep – groot en klein – omdat Hy ons liefhet. Dit beteken nie dat ons alles op ‘n silwer skinkbord ontvang nie. Dinge is soms moeilik en ons moet vas in geloof staan, maar sy Woord belowe dat Hy ons nooit sal verlaat en nooit in die steek sal laat nie

Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.

Deut 31:8

Vandag wil ek jou uitnooi om die een GROOT ding, waarvoor jy Hom vertrou, te neem – die ding wat jy as onmoontlik beskou – en dit voor God te lê. Sien hoe jy dit op die altaar plaas soos, Abraham met Isak gedoen het, en vertrou Hom om die situasie in Sy hande te neem.

Ek staan saam met jou in die geloof en vra Hom om die situasie volgens Sy wil te laat geskied. Laat ons op ons God vertrou, deur wie alles moontlik is, selfs die onmoontlike!

Wat ‘n magtige God dien ons nie!

Geskryf deur Jean Lung.


Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel