Ons land benodig opofferende goddelike liefde

Written by on 1 June 2022

Ons leef in tye van onrus, geweld en ongekende swaarkry, en benodig ons land mense wat opofferende goddelike liefde sal uit leef. Elke dag. Elke plek.

“Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen.  Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!

1 Korintiërs 5:20

Almal soek na God se seën

Wat is die een gebed wat die meeste mense die Here vra? Vir Sy seën, nie waar nie? En as iemand so ‘n gebed bid, kan Jesus besluit om my en jou te stuur as Sy ambassadeur van daardie seën?

So, as ‘n baie doelbewuste Here jou op hierdie spesifieke tyd in die mense om jou se lewens geplaas het om Sy ambassadeur te wees, sal die mense om jou aangetrokke wees tot Jesus as gevolg van jou?  Wat beteken dit as jou lewe ‘n seën is vir die om jou?

Lewe goddelike liefde

Ek dink net, iemand wat weet dat die Here jou sal bevorder, het geen probleem om ander bo jouself op te lig en te dien nie.  As iemand by die werk met jou te doen gehad het, dan het hulle meer vertroue in hulle vemoeëns, want jy het hulle goeie werk erken, hulle bedank en hulle aangemoedig.  Hulle stap hoër daaruit, nie laer nie.  Jou kollegas weet jy gee uitmuntende werk, want jy doen dit vir Jesus, nie vir mense nie.  In jou kantoor is daar vrede, vreugde, geduld, en idees. Jou werkgewer en kollegas vertrou jou want jy is eerlik, jy’t ‘n positiewe houding en niemand kan fout vind met jou werk nie, al soek hulle! 

Dit is wat dit beteken om ‘n seën wees by die werk!

Familie, vriendskappe, kerkverhoudinge, en landskapmense het almal opofferende liefde nodig.  Geduld, diensbaarheid, aanmoediging, respek, vrygewigheid, iemand wat werklik omgee, en iemand wat bereid is om onverdiend te vergewe – soos Jesus.

‘n Lewe wat ander op die hart dra sal altyd ‘n seën wees vir ander!  En jy kan, want die Here sorg mos vir jou!

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Matt 6:33

So wat is die toets? Hoe voel ‘n mens wat so pas met jou te doen gehad het?

Geskryf deur Janine van Niekerk. Vir daaglikse sielskos besoek Die Woord vir Vandag, of luister na Janine se potgooie op iono.fm.


Lees verder

Current track

Title

Artist

Background