Die Woord vir Vandag

2019-09-14

Oorkom stres (3)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Johannes 8:14 NLV

Weet wat jy wil bereik. Jesus het gesê: '...Ek weet waarvandaan Ek gekom het en waarheen Ek teruggaan...' Kan jy dieselfde sê? Tensy jy jou lewe beplan en prioriteite bepaal, sal jy deur ander mense gedruk word om te doen wat hulle dink belangrik is. Jy lewe elke dag volgens prioriteite of volgens druk. Daar is nie 'n ander opsie nie. Of jy besluit wat belangrik in jou lewe is, of jy laat toe dat ander mense dit vir jou besluit. Dis maklik om onder die tirannie van die dringende op te tree, om aan die einde van die dag te wonder: 'Het ek enigiets bereik? Ek het baie energie verbruik en baie dinge gedoen, maar het ek iets belangriks bereik?' Om besig te wees beteken nie dat jy produktief is nie. Jy mag dalk in sirkels tol maar nie enigiets van waarde bereik nie. Voorbereiding veroorsaak dat jy gerus is. Of om dit anders te stel, voorbereiding voorkom druk, terwyl dinge wat jy uitstel, druk produseer. Goeie organisasie en goeie voorbereiding verminder stres omdat jy weet wie jy is, wie jy probeer tevrede stel en wat jy wil bereik. Dit vereenvoudig jou lewe wanneer jy duidelik gedefinieerde doelwitte het. Spandeer dus 'n paar minute aan die begin van elke dag deur met God in gebed te praat. Kyk dan na jou skedule vir die dag en besluit: 'Is dit regtig die manier wat ek 'n dag van my lewe wil spandeer? Is ek gewillig om die volgende vier-en-twintig waardevolle ure vir hierdie aktiwiteite in te ruil?' Die regte antwoord op hierdie twee vrae sal jou stresvlakke verlaag deur jou te help om te prioritiseer.

Sielskos: 2 Kor 11:16-13:14; Matt 25:31-40; Ps 19; Spr 21:3

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background