Die Woord vir Vandag
2019-10-19
'Stresfrakture'
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die tydskrif Sports Illustrated sê: 'Stresfrakture ontstaan wanneer die skokke en spanning van wedstryd na wedstryd klein krake in die buitenste lae van been veroorsaak. Wanneer hierdie krake groot genoeg word om erge pyn te veroorsaak, word dit 'stresfrakture' genoem.' As jy al ooit stresfrakture in jou gedagtes gehad het, sal jy verstaan. Dit vreet in die dag aan jou en hou jou in die nag wakker. Wanneer jy dit met alkohol, of dwelms, of 'n buite-egtelike verhouding, of te veel kos, of 'n hiperaktiewe lewenstyl probeer verdoof, raak dit net erger. Wat moet jy dus doen? 1) Verander jou fokus. 'Kom na My toe... en Ek sal julle lewens verkwik... Kom leer van My... en julle sal nuwe krag kry' (Matteus 11:28-29 NLV). 'Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die magteloses sterk... dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry...' (Jesaja 40:29-31 NLV). In plaas van om alleen onder die las voort te sukkel, deel dit met die Here en laat Hom toe om jou te versterk. 2) Wees minder ernstig! "'n Vrolike mens is soos goeie medisyne..." (Spreuke 17:22 NLV). Moenie so 'n groot kwessie van alles maak nie! Lag meer, veral vir jouself! Onthou jy die laaste keer wat jy lekker gelag het? Aanvaar jou imperfeksies. Laat sommige dinge gaan. Hou op om Wonder Woman of Superman te probeer wees. Jy het pret ook nodig! Kanselleer onbelangrike vergaderings. As jy wil hê dinge moet verander, moet jy hulle verander. Praat vandag met God; Hy weet hoe om stresfrakture te genees.
Sielskos: 1 Tim 4-6; Joh 5:31-47; Ps 126; Spr 24:10
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za






