Die Woord vir Vandag

2019-10-20

Bou gesonde, vervullende verhoudings

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 18:24 NLV

Om God se plan vir jou lewe te vervul, moet jy verhoudings met die regte mense hê, mense wat jou deur dik en dun sal bystaan. Onthou jy vir Jonatan, wat Dawid selfs ten koste van sy eie lewe liefgehad het? En Rut, wat vir haar skoonma Naomi lief was en haar 'n rede gegee het om te lewe? God kan jou aan sulke mense voorstel en jou help om 'n verhouding met hulle te bou. Dink daaroor: Hy sal nie sê: 'Dis nie goed dat die mens alleen is nie...' (Genesis 2:18 NLV), en dan van jou verwag om in isolasie te lewe nie. Soms is jy in die slegste geselskap moontlik wanneer jy alleen is! Jy sal dalk egter eers innerlik genees moet word voordat jy gesonde verhoudings kan bou en gesonde besluite kan maak. Laat God toe om aan jou te werk en wanneer jy gereed is, sal Hy die nodige mense aan jou voorstel. Tot dan, moet jy Hom beter leer ken omdat Hy die bron van ware selfvertroue is. As jou laaste verhouding jou van jou selfwaarde gestroop het en jou geestelik gedreineer het, gebruik hierdie tyd om weer op jou voete te kom. Jy mag dalk nooit weer hierdie geleentheid kry nie! Begin om lief te hê soos God liefhet. Hy sien ons imperfeksies, hanteer ons verwerping en het ons nietemin steeds lief. Wanneer jy dit weet, sal dit jou help om nie 'n goeie persoon af te skryf omdat hy of sy 'n slegte ding gedoen het nie. Sal jy jou kar weggooi omdat hy 'n foutiewe part het? Vra Hom vandag om jou te wys hoe om gesonde, vervullende verhoudings te bou. Hy sal dit doen!

Sielskos: Eks 20:1-17; Matt 5:1-12

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background