Die Woord vir Vandag
2023-10-06
Stel ander mense eerste
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Ralph Waldo Emerson het gesê: 'Daar is geen beperking op dit wat bereik kan word as dit nie saak maak wie die krediet daarvoor kry nie.' Die meeste mense weet van Isaac Newton se befaamde ontmoeting met 'n vallende appel en hoe hy die wet van gravitasie ingestel het. Min mense weet egter dat as dit nie vir 'n man genaamd Edmond Halley was nie, die wêreld dalk nooit van Newton sou gehoor het nie.
Halley was die een wat Newton aangespoor het om oor sy oorspronklike teorieë na te dink, sy wiskundige foute reg te stel en geometriese figure te formuleer om sy ontdekkings te ondersteun. Dit was Halley wat 'n huiwerige Newton oortuig het om sy boek The Mathematical Principles of Natural Philosophy te skryf. Dit was Halley wat die boek geredigeer het, die publikasie daarvan waargeneem het en die druk daarvan gefinansier het, alhoewel Newton ryker was en dit kon bekostig het.
Newton het byna dadelik begin om die vrugte van prominensie te pluk, maar Halley het min krediet gekry. Hy het wel die beginsels wat Newton vasgestel het gebruik om die wentelbaan en terugkeer van 'n komeet wat later sy naam sou dra, te voorspel. Aangesien Halley se komeet egter net elke ses-en-sewentig jaar terugkeer, hoor relatief min mense steeds sy naam.
Halley het egter nie omgegee wie die krediet gekry het nie, solank die saak van die wetenskap bevorder word. Hy het verpersoonlik wat dit beteken om volgens hierdie Skriftuurlike beginsel te lewe: '...julle [moet] mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer.' Wanneer God jou die geleentheid gee om ander mense eerste en jouself tweede te stel, gryp dit aan en hardloop daarmee.
Sielskos: 1 Sam 14-15; Joh 1:14-28; Ps 63; Spr 22:17-23
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






