Die Woord vir Vandag
2019-11-07
Vergewe - en bevry jouself!
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die Bybel sê hoe groter die oortreding, hoe groter is die noodsaaklikheid om jou oortreder te vergewe om sodoende met jou lewe te kan aangaan. Onthou jy toe jy klein was en jou ouers vir jou gesê het om die deur toe te maak? Hulle het dit gesê omdat jy in die winter die koue en in die somer die hitte laat inkom het. Vergifnis maak die deur op jou verlede toe! Paulus, wat Christene gemartel het voor hy self een geword het, skryf: '...een ding is seker, ek vergeet dit wat agter my lê, en strek myself uit na dit wat voorlê.' Eers wanneer jy jou greep op die verlede verslap, kan jy jou toekoms vasgryp. Om te vergeet is 'n besluit, een wat jy daagliks of selfs uurliks moet maak. Die punt is: Jy moet elke keer wanneer die kwessie wat jou seermaak opduik, vergewe (sien Matteus 18:21-22). Volkome genesing kan maande of jare neem. Wanneer iemand jou diep seermaak, moet jy dit 'n doelwit in jou hart maak om hulle aan te hou vergewe, totdat jy vry van hulle invloed is. Maak nie saak wat hulle deur mishandeling, verlating, verraad, manipulasie of bedrog van jou gesteel het nie, bitterheid sal meer van jou steel! Soos om 'n lat vir jou eie rug te pluk, so stel onvergifnis die persoon wat jou seergemaak het in staat om dit aan te hou doen. Totdat die kwessie dus opgelos is, sal jy dalk elke dag op jou knieë moet gaan en bid: 'Here, deur 'n daad van my wil, vergewe ek _________ en vra U om hulle te seën. Ek gee hulle aan U oor en beweeg aan met my lewe.' Daar is geen kortpad nie - dis die enigste pad na vryheid toe!
Sielskos: 1 Kro 16-18; Joh 9:13-23; Ps 105:1-15; Spr 25:23-25
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






