Die Woord vir Vandag

2023-10-10

Is jy heeltemal toegewyd?

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Kronieke 31:21 NLV

Verandering, verbetering, groei, sukses en oorwinning vind nie plaas omdat hulle bewonderingswaardige konsepte of wenslike opsies is nie. Nee, dit vind plaas omdat jy heeltemal toegewyd is en gewillig is om die prys te betaal.

Toe koning Hiskia die troon bestyg het, het dit nie goed met Israel gegaan nie. Die deure van God se huis was gesluit, die volk het nie die Here se wet nagekom nie en hulle het dieselfde gode as die heidense nasies rondom hulle aanbid. 'n Mens kan baie leer deur Hiskia se lewe en strategie te bestudeer. Die Bybel sê: 'In alles wat hy onderneem het... het Hiskia met sy hele hart sy God gedien. Daarom was hy baie suksesvol' (vers 21 NLV).

Die koste van toewyding behels die volgende: 1) 'n Lewenstylverandering. Hiskia het geweier om soos sy pa voor hom te lewe.
2) Eensaamheid. Hiskia was die eerste een om na God toe te draai. Om dit te doen, moes hy alleen staan.
3) Kritiek. Mense hou nie van verandering nie en Hiskia het onder 'n spervuur van vrae uit die ouer generasie se geledere beland.
4) Harde werk en geld. Hy was gewillig om tyd, energie en geld te spandeer om sy doel te bereik.
5) Daaglikse dissipline. Dit kan moeilik wees om mense se kultuur en denkwyses te verander. Hiskia het elke dag God se beginsels vir die mense geleer en dit in hulle gedagtes ingeprent.
6) Aanhoudende druk. Die mense wat met die veranderinge wat Hiskia gemaak het saamgegaan het, het verwag om resultate te sien en hulle was nie noodwendig geduldig nie. Hiskia het egter '...met sy hele hart sy God gedien. Daarom was hy baie suksesvol.'

Die beginsels wat Hiskia gebruik het sal ook vir jou werk, begin dus vandag om hulle toe te pas.

Sielskos: 1 Sam 20:30-23:29; Joh 2:1-11; Ps 131; Spr 23:1-3

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background