Die Woord vir Vandag
2023-10-11
Geestelike groei neem tyd
Geskryf deur Bob and Debby Gass
God neem twee dae om 'n sampioen te laat groei, maar sestig jaar om 'n eikeboom te laat groei. Wil jy 'n sampioen of 'n eikeboom wees? Geestelike groei neem tyd. Wonder jy: 'Hoekom neem dit my so lank om te verbeter? Ek sukkel steeds met baie van my swakpunte.' Geestelike groei, net soos natuurlike groei, neem tyd. Die beste vrugte word geleidelik ryp.
Jesus het gesê: 'Ek verseker julle, as 'n graankorrel nie in die grond val en sterf nie, bly hy net op sy eie bestaan; maar as hy sterf, lewer hy baie vrug op' (vers 24 NLV). Wanneer Jesus sê: 'Ek verseker julle,' bedoel Hy: 'Verstaan mooi! Luister! Hierdie is baie belangrik.' Die punt wat Jesus hier wil beklemtoon is dat ons net soos die graankorrel aan onsself moet sterf om geestelike groei te ontwikkel. Dit neem 'n rukkie om aan ons eie selftevredenheid te sterf.
Ons is geneig om elke nou en dan die saad op te grawe om die vordering daarvan te monitor, in plaas daarvan om God te vertrou om sy werk in ons lewens te verrig. Christus sal vrugte in ons lewens produseer wanneer ons in Hom bly. Jesus het gesê: 'Julle moet aan My verbonde bly...' (Johannes 15:4 NLV). Dit beteken dat jy in kontak met Christus bly, op Hom staatmaak en Hom vertrou om sy werk in ons lewens op sy perfekte tyd klaar te maak. Wag op God se beloofde oes en verlustig jou intussen in sy teenwoordigheid in jou lewe.
God is gelukkig met jou in elke fase van jou geestelike groei. Hy wag nie totdat jy perfek is om jou lief te hê nie. Hy sal jou nooit een druppel meer liefhê as wat Hy reeds doen nie.
Sielskos: 1 Sam 24-26; Joh 2:12-25; Ps 23; Spr 23:4-5
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






