Die Woord vir Vandag

2019-11-09

Woedebeheer (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 14:17 NLV

Die waarheid is dat wanneer jou humeur die oorhand kry, dit die slegste van jou openbaar. Die Bybel sê drie dinge oor onregverdige woede wat jy in gedagte moet hou: 1) Dis dom. 'Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge. Almal haat 'n agterbakse mens' (vers 17 NLV). Benjamin Franklin het in Poor Richard's Almanac geskryf: 'Take this remark from Richard poor and lame; Whate'er's begun in anger ends in shame.' 2) Dis verdelend. "'n Humeurige mens sit twis aan die gang. 'n Verdraagsame mens sit 'n stryery stop" (Spreuke 15:18 NLV). Soms word ons met goeie rede kwaad. Die meeste van die tyd gebeur dit egter omdat ons selfsugtig, ongeduldig, geïrriteerd of seergemaak oor die manier wat ons behandel word, is. In plaas daarvan om die probleem op te los, maak woede dit net erger. 3) Dis destruktief. "'n Humeurige mens betaal self die prys daarvoor. As jy hom eers een keer oorsien, moet jy dit elke keer herhaal" (Spreuke 19:19 NLV). Dit beteken dat wanneer jy jou humeur verloor, hou jy aan verloor. Jy sal vriende verloor, jy sal die liefde en respek van jou familie verloor, jy sal jou sakevennote verloor en dit kan ook veroorsaak dat jy jou gesondheid verloor. John Hunter, 'n sielkundige met 'n ernstige hartkondisie, het gesê: 'My lewe is aan die genade van die een wat my kwaad maak oorgelaat... die eerste skelm wat my kwaad maak, kan my dood maak.' Raai wat? Jy kan daardie skelm wees! Vra dus vir God om jou te help om jou woede te beheer.

Sielskos: 1 Kro 23:21-26:19; Joh 10:1-10; Ps 99; Spr 26:1-6

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background