Die Woord vir Vandag

2019-11-10

Woedebeheer (3)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 16:32 NLV

Die Bybel sê: 'Dit is beter om geduldig te wees as dapper. Selfbeheersing is beter as om 'n stad in te neem.' As Christen het jy die Heilige Gees wat in jou woon, en een van die vrugte van die Gees is 'selfbeheersing' (sien Galasiërs 5:23). Dit beteken dat jy as Christen jou humeur kan beheer en dat jy as Christen dit moet beheer. Jy sê: 'Ek word maklik kwaad, want ek het Ierse bloed wat in my are vloei.' Jy is nie veronderstel om volgens jou ou natuur te lewe nie, maar volgens jou nuwe natuur! Woede is soos 'n rivier. Wanneer dit beheer word, kan dit genoeg elektrisiteit genereer om aan 'n hele stad elektrisiteit te voorsien. Onbeheersd kan dit deur sy walle breek en 'n woedende vloed word wat alles in sy pad vernietig. Net soos 'n rivier beheer kan word, so kan jou humeur beheer word. Was jy al ooit tuis in 'n groot argument met jou eggenoot of een van jou kinders betrokke gewees? Skielik lui die foon; jy tel dit dadelik op en antwoord in 'n sagte, beheersde stem: 'Hallo-o-o-o. Kan ek help?' Wat het nou net gebeur? Jy het bewys dat jou woede beheer en getem kan word. Die Bybel sê: "'n Geduldige mens het insig. Iemand wat kort van draad is, stal sy dwaasheid uit" (Spreuke 14:29 NLV) Dis nie werd om oor alles kwaad te word nie. Hoe kalmer jy 'n situasie sien, hoe duideliker sal jy sien hoe om dit te hanteer. As jy dus 'n vinnige humeur het, is hier goeie raad. Wanneer jy kwaad is, tel tot tien voor jy praat. Wanneer jy regtig kwaad is, tel tot 'n honderd - en moet dan niks sê nie.

Sielskos: Gen 14:18-24; Ps 110; Heb 5:5-10

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background