Die Woord vir Vandag
2019-10-18
Probeer om elke dag iets te leer
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Een Vrydagoggend het 'n ywerige Stanford Universiteit student voor Louis Janin, 'n bekende myningenieur, gestaan. Hy het werk gesoek. Janin het hom ingelig: 'Al wat ek op die oomblik nodig het is 'n stenograaf. Die jongman het gretig gesê: 'Doodreg, ek sal die werk neem.' Toe het hy bygevoeg: 'Maar ek kan eers Dinsdag terugkom.' Janin het ingestem en die volgende Dinsdag het die jongman soos afgespreek, by die werk gerapporteer, Janin het hom gevra: 'Hoekom kon jy eers vandag terugkom?' Die jongman het geantwoord: 'Omdat ek eers 'n tikmasjien moes gaan huur en leer om dit te gebruik.' Hierdie jongman was Herbert Hoover, wie se houding hom uiteindelik deur die deure van die Withuis gelei het om een van Amerika se presidente te word. Deur kortpaaie te neem, loop jy die risiko om jou toekoms in te kort. Jou onwilligheid om vandag te leer sal jou onvoorbereid vir môre se geleenthede laat. Geen vaardigheid wat jy aanleer sal ooit verlore gaan nie. Om nuwe kennis in te neem en nuwe vaardighede aan te leer, bou selfvertroue en verskerp jou gedagtes. Suksevolle mense het een ding in gemeen: Hulle hou nooit op leer nie! God roep voorbereide mense, dus moet jy jouself voorberei. Die Bybel sê: 'as jy goed luister na wysheid en regtig probeer verstaan... as jy dit so graag wil hê soos jy geld wil hê, en daarna soek soos jy na kosbare dinge sal soek... dan sal jy verstaan wat dit is om reg te lewe en reg te doen en regverdig te wees, jy sal altyd op die regte pad loop en die regte dinge doen. Die wysheid sal in jou kom woon en dit sal vir jou lekker wees om dinge te weet' (Spreuke 2:2-10 ABA).
Sielskos: 1 Tim 1-3; Joh 5:16-30; Ps 5; Spr 24:8-9
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za






