Die Woord vir Vandag

2019-11-05

Moenie daaroor spog nie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Lukas 17:10 NLV

As jy 'n geneigdheid het om mense aan al die goeie dinge wat jy doen en al die opofferings wat jy maak, te herinner, lees wat Jesus gesê het: "As julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: ...'Ons het bloot uitgevoer wat ons moes doen.'" Ons almal verdien erkenning vir die goeie dade wat ons doen en ons floreer op waardering. Baie kere kry ons dit egter nie, dus word ons met drie keuses gelaat: 1) Ons kan ingee tot selfbejammering en rondloop en kla dat die wêreld ons nie regverdig behandel nie. 2) Ons kan toegee tot wrokkigheid, met 'n 'chip' op ons skouer rondloop en dan wonder hoekom mense nie rondom ons wil wees nie. 3) Ons kan Jesus se houding aanneem en sê: 'Ek het net gedoen wat God van my verwag. Dis genoeg beloning om te weet dat Hy met my tevrede is.' As jy op ander mense se aanmoediging en lof staatmaak, sal jy geen vreugde hê wanneer jy dit nie ontvang nie. Dis sleg, want '...die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!' (Nehemia 8:10 NLV). As jy so lewe, sal jy goed begin en suksesvol klaarmaak. Wanneer dit gebeur, sal jy guns by die werk en by die huis vind en met meer vriende opeindig as wat jy weet wat om mee te doen. Plus, jou regte beloning, die een wat die meeste saak maak, is gewaarborg wanneer jy eendag voor die Here staan en hoor: '...Uitstekend! Jy is regtig 'n goeie werker op wie 'n mens kan staatmaak. ...' (Matteus 25:23 NLV).

Sielskos: 1 Kro 10:1-12:22; Joh 8:42-59; Ps 49; Spr 25:18-20

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background