Die Woord vir Vandag

2019-11-06

Kyk uit vir oomblikke van onderrig

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Josua 4:21 NLV

Een van die effektiefste manier om iemand te leer, is deur 'oomblikke van onderrig.' Jesus het dit gedoen. Toe 'n vyeboom nie vrugte gedra het nie, het Hy dit vervloek en dit het onmiddellik verdor. Dit het die dissipels se aandag vasgevang (sien Matteus 21:18-22). Toe het Hy verduidelik dat tensy jy met God se Gees vervul bly, jy nie vrugbaar in sy bediening sal wees nie. Hy kon dieselfde les in die sinagoge geleer het. Dan sou sy gehoor egter 'n vyeboom moes verbeel het en die boodskap sou deur die vermoë van die luisteraar afgewater gewees het. Toe drie dronk hoërskoolleerders met hulle kar in 'n boom vasgejaag het, het die wrak vir verskeie dae voor hulle skool gestaan. Elke dag moes die leerders daarna kyk. Dit word 'n 'hoë impak oomblik van onderrig' genoem. Hulle sê dat tydsberekening alles is. Dis vir seker waar wanneer dit daarby kom om die belangrike lesse in die lewe te leer, so moet hulle nie misloop nie! As jy 'n ouer is, is dit tevergeefs om konstant vir jou kinders te 'preek.' As jy 'n leier is, is dit 'n fout om aanhoudend vir die mense onder jou te probeer lesse leer. Laat die ervarings namens jou praat! Vra dan wat hulle dink en luister sonder om te onderbreek! Mense leer meer deur ontdekking as dialoog. Dis hoekom God vir Josua opdrag gegee het om 'n monument van twaalf klippe aan die anderkant van die Jordaan te bou, nadat Hy wonderbaarlik die waters geskei het sodat hulle veilig kon deurbeweeg (sien Josua 4:1-9). Hy het in wese gesê: 'As jou kinders vra waaroor hierdie monument gaan, gebruik dit as 'n oomblik om hulle oor my liefde en getrouheid te onderrig.' Hou dus jou oë oop vir die oomblikke van onderrig in die lewe - en gebruik hulle.

Sielskos: 1 Kro 12:23-15:29; Joh 9:1-12; Ps 68; Spr 25:21-22

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background