Die Woord vir Vandag

2023-10-26

Soms verg vergifnis fokus en energie

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Filippense 3:13 NLV

Om iemand te vergewe wat jou diep seergemaak het, is een van die moeilikste dinge wat jy ooit sal moet doen. Jy weet jy moet vergewe, want om 'n wrok te koester is soos om 'n baba te voed; enigiets wat jy voed en koester, sal aanhou groei. Dit maak dit egter nie maklik om te vergewe nie.

Probeer om die volgende te verstaan: Vergifnis is 'n besluit, nie 'n emosie nie. As jy wag totdat jy lus voel om te vergewe, loop jy die risiko om in die marteling van 'n wrok vasgevang te bly. Toe Petrus vir Jesus gevra het hoe dikwels hy iemand wat teen hom oortree het moet vergewe, het Jesus geantwoord: '...tot sewentig maal sewe toe!' (Matteus 18:22 NLV). Met ander woorde, vergewe en hou aan vergewe tot jy verby dit beweeg.

Let egter vier dinge op:
1) Vergifnis beteken nie dat jy jou verhouding met die oortreder moet hervat nie, veral as hulle sonder berou is en weier om hulle gedrag te verander.
2) Dit beteken nie dat jy dit wat hulle gedoen het goedpraat of met hulle saamstem nie.
3) Dit stel hulle nie vry van gevolge nie, maar stel jou vry en laat jou met jou lewe aangaan.
4) Dit beteken nie dat jy dit nie meer gaan onthou nie, maar dat jy die krag sal hê om anders daaroor te dink; met genade eerder as wrokkigheid.

Moet ook nie toelaat dat Satan jou oortuig dat jy nog nie vergewe het omdat jy dit steeds onthou nie. Die vermoë om te vergewe is 'n aangeleerde gedrag. Hoe meer jy dit oefen, hoe beter raak jy daarmee. Dit gebeur wanneer jy maniere soek om begrip vir jou oortreder te hê en iets vind om oor medelye te hê.

Sielskos: Nahum 1-3; Joh 6:25-34; Ps 98; Spr 24:15-18

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background