Lynette Beer


Lynette Beer shows

Inspirasie saam met Lynette Beer

Kort, humoristiese en lewens veranderend

Lynette Beer inspirasie radiokansel

Lynette Beer bied ‘n klein maar kragtige program op Radiokansel 657AM tydens Goeie Nuus Tyd aan. Sy is ‘n internasionaal-bekroonde spreker en haar vyf minute potgooie is een van ons luisteraars se hoogtepunte van die week.

Lynette Beer bied kursusse regoor Suid-Afrika aan oor Persoonlike Ontwikkeling asook Menslike Gedrag. God het haar geroep om haar talente te gebruik om haar lewensdoel te vervul, sy doen dit deur ander te help om hul ware menslike potensiaal te ontsluit. Een van die maniere waarop sy hierdie mandaat vervul, is deur haar inspirerende boodskappe op Radiokansel, sy lewer dit met ongelooflike insig oor menslike gedrag en met goeie humor.

Volgens Lynette is die alfa en omega van byna elke enkele menslike kwessie, verhoudings.

Die oomblik toe sy begryp dat elke woord wat ons spreek, die potensiaal het om een van twee sade te plant. Dit kan óf bemagtig óf uitroei.

Om dit te bereik, het ons eers goeie begrip van onself en ander nodig. Lynette het die internasionaal erkende “Four-Colour Temperament Model”, ontwikkel. Dit is op een van die oudste persoonlikheidstelsels ter wêreld gebasseer en staan ook as “The Four Temperament Theory” bekend.

Skakel in vir Sade van Inspirasie saam met Lynette Beer, elke Donderdag op Radiokansel 657AM. Dit is vyf minute van lewens-veranderende woorde. Indien jy ‘n episode gemis het, weer wil luister, of met iemand wil deel, kan jy dit in ons potgooi afdeling vind.



Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM