Waarom jy jou besigheid op die Radiokansel aanlyn besigheidsgids moet plaas

Written by on 14 Oct 2021

Die Christen radiostasie wat jou al vir meer as vier dekades lank bedien, bied nou die Radiokansel aanlyn besigheidsgids aan.

In September 2021 het Radiokansel vier dekades van uitsaai gevier. Ons is ‘n gevestigde, betroubare en relevante media-stem en ‘n voorkeur Christen radiovennoot in Suid-Afrika, en verder. Met ons aanlyn besigheidsgids kombineer ons nou ons hulpbronne om met groot en klein ondernemings saam te werk om ‘n spesiale diens te lewer – die samewerking tussen radio, ‘n gehoor wat oor generasies strek, en digitale, sosiale en elektroniese media.

Jou daaglikse reisgenoot in die lewe en nou, ook in besigheid.

Lees: Fantastiese openingsaanbiedinge op die Radiokansel aanlyn besigheidsgids.

Wat is die Radiokansel aanlyngids?

Dit is ‘n aanlyn besigheidsgids wat ‘n indeks van besighede bevat wat alfabeties gelys word en volgens die verwante sakebedryf gegroepeer si. Dit help gebruikers om dienste of produkte aanlyn of op ‘n spesifieke plek te vind.

Die Radiokansel aanlyn besigheidsgids laat gebruikers toe om te soek vir ‘n besigheid volgens:

  • Kategorie
  • Naby my
  • ‘n Spesifieke adres

Sou ‘n onderneming ‘n webwerf het, bied hierdie gids die nodige soekenjin-optimalisering voordele. Ons maak ook voorsiening vir diegene wat slegs sosiale media platforms, of selfs ‘n ligging of telefoonnommer, het. Geen onderneming is te groot of te klein om ‘n plasing te kry nie! Alle aanbiedinge verskyn op beide ons webwerwe, Radiokansel en Radio Pulpit – teen geen ekstra koste!

Aanlyngids spesiale openingsaanbod

Pakketpryse op ons splinternuwe aanlyn besigheidsgids skop af teen R1 500 per JAAR. Registreer nou en ontvang op die koop toe afslag en toegevoegde waarde in die vorm van klingels en ‘n onderhoud op radio. Stuur ‘n e-pos met die woord “REGISTREER” aan gospel@radiokansel.co.za en ons kontak jou.

Elke plasing duur vir twaalf maande, waarna jy die opsie het om jou opsie te hernu, te staak of te verander. Ons bied drie opsies aan, elk met unieke voordele. Hierdie pakkette is ontwerp om aan verskillende behoeftes, begrotings en besigheidsopset te voldoen.

  1. Premium opsie
  2. Goue opsie
  3. Standaard opsie

Die eksklusiewe bekendstelling-aanbod bevat vir elk van die drie vlakke:

  • ‘n ekstra twee klingels; en
  • gratis radio onderhoud

1. Aanlyn Besigheidsgids: Premium opsie

Die premium opsie kan as ‘n mini-bestemmingsbladsy vir jou webwerf dien. Boonop bied dit soekenjin-optimalisering voordele. Hierdie voordele kan bydra tot jou onderneming se bestaande digitale voetspoor of selfs help om jou aanlynreis te begin. Dit bied ook ‘n aanpasbare produkafdeling, meer sigbaarheid vir jou kernbesigheid en visueel aantreklike advertensies.

Spesiale voordele – radio en digitaal

Radiokansel het sterk luisteraarsgetal van 400 000 – en ons hou aan groei! Ons saai 24/7, 365 dae in verskeie tale uit. Lees meer oor hoe om op Jou daaglikse reisgenoot te adverteer.

  • Vyf radio-advertensies in spitstyd (eenmalig).
  • Een spitstydonderhoud (eenmalig).
  • Word as ‘n hoë prioriteit plasing vir 4 van die 12 maande aangebied.
  • Adverteer jou besigheid vir enige twee maande op beide ons webwerwe, tuisblaaie, www.radiokansel.co.za en www.radiopulpit.co.za.
  • Kies ‘n maand om jou besigheid op beide ons webwerwe se gewildste bladsye, The Word for Today en Die Woord vir Vandag, te adverteer.
  • Kies enige maand om jou besigheid op die Radiokansel slimfoontoepassing te adverteer.
  • Adverteer jou besigheid op die Radiokansel toepassing webblad vir ‘n maand
  • Gevorderde SEO-tellings (T & V is van toepassing).
  • Spesiale promosie-opdatering een keer per maand (T & V geld).

Die totale pakketwaarde van die premium opsie is R24 110, maar as jy nou registreer, kwalifiseer jy vir ons spesiale openingsaanbod! Besighede wat tydens die bekendstelling registreer, betaal slegs R8 250. Moet dit nie misloop nie; stuur ‘n e-pos met die woord ‘REGISTREER’ na gospel@radiokansel.co.za en ons sal jou kontak.

2. Aanlyn Besigheidsgids – Goue opsie

Die goue opsie bied ‘n oorsig van jou belangrikste inligting en produkte. Daar is ‘n opsie van ‘n roterende beeldgalery of ‘n YouTube-video van jou keuse.

Spesiale voordele – radio en digitaal

  • Een radio-advertensie in spitstyd (eenmalig).
  • Een spitstydonderhoud (eenmalig).
  • Word as ‘n normale prioriteit plasing vir 2 van die 12 maande aangebied.
  • Adverteer jou besigheid vir een maand op beide ons webwerwe, tuisblaaie.
  • Kies enige maand om jou besigheid op beide ons webwerwe se gewildste bladsye, The Word for Today en Die Woord vir Vandag te adverteer.
  • Standaard SEO-tellings (T & V geld)

Die totale pakketwaarde van die goue opsie is R17 920, maar as jy nou registreer, kwalifiseer jy vir ons spesiale openingsaanbod! Besighede wat tydens die bekendstelling registreer, betaal slegs R5 000. Moet dit nie misloop nie; stuur ‘n e-pos met die woord ‘REGISTREER’ na gospel@radiokansel.co.za en ons sal jou kontak.

3. Aanlyn Besigheidsgids – Standaard opsie

Die standaard opsie bied jou belangrikste inligting, asook kontakbesonderhede en ligging, en ‘n gedetailleerde beskrywing van jou kernbesigheid.

Spesiale voordele – radio en digitaal

  • Twee radio-advertensies in spitstyd (eenmalig).
  • SEO-aktivering (T & V is van toepassing)

Die totale pakketwaarde van die standaard opsie is R9 920, maar as jy nou registreer, kwalifiseer jy vir ons spesiale openingsaanbod! Besighede wat tydens die bekendstellings registreer, betaal slegs R1 500. Moenie misloop nie; stuur ‘n e-pos met die woord ‘REGISTREER’ na gospel@radiokansel.co.za, en ons sal jou kontak.

Registreer nou op die Radiokansel aanlyn besigheidsgids en ontvang op die koop toe afslag en toegevoegde waarde in die vorm van klingels en ‘n onderhoud op radio!

Alle besigheidsinskrywings is onderhewig aan beskikbaarheid en goedkeuring deur die bestuur.

Tagged as

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM