Die Woord vir Vandag
2019-10-02
Hartsgebede
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Hier is wat Jesus ons oor gebed geleer het: 'Wanneer julle dan bid, moenie met woorde mors soos die heidene nie. Hulle dink hulle stortvloed woorde sal maak dat hulle gebede beantwoord word.' Dan gee Hy vir ons twee spesifieke instruksies. Eerstens: '...maak die deur agter jou toe sodat jy daar in jou alleenheid tot jou Vader kan bid...' (vers 6 NLV). Tweedens: '...julle Vader weet presies wat julle behoeftes is, selfs nog voordat julle Hom vra!' (vers 8 NLV). Hartsgebede is nie vir menslike ore bedoel nie. Die Heilige Gees bring met hartsgebede die dinge wat jy versigtig vir ander mense en selfs vir jouself wegsteek, na die oppervlak. Soos 'n spieël, konfronteer Hy jou met die waarheid en eis dat jy 'die geheime dinge wat 'n mens skaam maak' (2 Korintiërs 4:2 NLV), bely. Wanneer jy dit gedoen het, kan jy God se teenwoordigheid gereinig, gekorrigeer, vol selfvertroue en met duidelikheid oor sy wil, verlaat. Niks vuur hartsgebede so goed soos ware behoefte aan nie. Dit laat beide die prominente en obskure erken: 'Here, sonder U kan ek niks doen nie. Niks wat ek sonder U bereik, sal enigiets beteken nie!' Dit is die plek van naakte gebed. Hanna was daar toe sy by God vir 'n kind van haar eie gepleit het. Sy was so passievol dat die priester Eli gedink het dat sy dronk was (sien 1 Samuel 1:13). God het egter haar geroep gehoor. Daardie dag is Samuel in haar hart verwek en kort daarna is hy in haar moederskoot verwek. Moet dus nie die plek van gebed verlaat totdat die embrio van God se doel vir jou lewe in jou verwek word, in jou begin vorm aanneem en jou visie gebore word nie.
Sielskos: Ef 4:17-6:24; Joh 1:14-28; Ps 29; Spr 22:26-29
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za






