Die Woord vir Vandag

2023-10-23

Nie selfbeheersing nie, maar Gees-beheersing

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Galasiërs 5:25 NLV

Het jy 'n aptyt wat buite beheer is wanneer dit by dinge soos geld, kos, nikotien, alkohol, dwelms, seks, of... (vul die woord self in), kom? Het jou herhaalde pogings om beheer te kry jou met 'n gevoel van skaamte, mislukking en hopeloosheid gelaat? Het al jou pogings tot selfbeheersing misluk? Probeer Gees-beheersing!

'...Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie. 'n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is, en die Gees wil dinge doen wat teen jou sondige geaardheid is, want hulle is mekaar se vyande. Julle kan dus nie sommer maar net alles doen wat julle wil nie... Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing... Christene is mense wat die hartstogte en die begeertes van hulle sondige geaardheid gekruisig het. Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal' (Galasiërs 5:16-17, 22-25 NLV).

Die geheim om in oorwinning te wandel is om hierdie twee dinge te besef: 1) Selfbeheersing is nie iets wat jy vir God doen nie, dis iets wat God vir jou doen. 2) Selfbeheersing is nie 'n eenmalige taak nie, maar 'n daaglikse wandel. Elke keer wat jy vir die self nee en vir God ja sê, kom sy Gees jou te hulp en bemagtig jou. Deur te kies om God in plaas van jou impulse te gehoorsaam, aktiveer jy die krag wat oorwinning meebring.

Sielskos: 2 Sam 20:1-22:30; Joh 5:31-47; Ps 5; Spr 24:8-9

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background